What you read about me, is the real me...
I don't do fake...
I don't do hypocrite...
What I post might reflect how I feel, what I experience or my viewpoint of an experience.
“never stop dreaming of you,” “never forget the way you feel right now,” “never forgive myself if we don’t go all the way,” “never do it better than I do it with you.”
En hier moet ek op my rype ouderdom vir die eerste keer hierdie verskriklike magtelose pyn aanskou…
Dit is letterlik ‘n geskree om hulp van verlossing van iets van die natuur
Verskriklike onbekende natuurlike drange wat nie verstaan word nie
Dis ‘n luidrugtige geroep na nie weet wat
Sy huil letterlik
Meeste van die tyd ‘n gekreun om hulp
Sy’s rusteloos
Kruip-rol van plek tot plek
Kom skuur teen jou vir ekstra liefde en hopenlike verligting
Sy smag na oormatige liefde en aandag
BAIE teere liefde en omgee
Die gekruip met haar agterlyf omlig en die stert weggedraai
Gee haar behoefde en drange weg:
Die kat is op hitte!
My hart huil vir haar,
Want so ‘n lus het ek nog nooit aanskou nie; nou verstaan ek die onaardse geluide wanneer hulle paar: dis ‘n masagtige verligtingde daad.
Vandag verstaan ek eers my pa se vergelyking wanneer hy speels na jong tiener-meisies verwys het wanneer hulle, hul lywe so draai en swaai voor seuns: Hulle lyk soos ‘n meisie-straatkat op ‘n warm sinkplaat-dak.
Dis ongelukkig ‘n feit deesdae, dat al hoe meer van ons al iemand aan die dood moes afstaan.
Veral omdat ek nou al ouer is…
Ek is nog een van die gelukkiges om op die ouderdom van 55, nog altwee my ouers te hê.
My broer leef nog.
Maar ja…ek het, soos die norm, al al vier my grootouers verloor: ek is weereens gelukkig dat ek hulle kon ken…
My ma se broer is vroeg oorlede, maar haar ander broer en suster leef ook nog!
My pa se jongste suster is eerste oorlede, so ‘n paar jaar terug. Toe die oudste suster en toe die oudste broer. Binne ‘n bestek van 3 jaar: nou is dit net Pa en sy baba-boetie oor.
Ja…ons het die hartseer van Nathan wat op 3 net na ‘n mangel-operasie oorlede is: Hoekom?
En André wat besluit het dat hy nie meer wil leef nie.
En Stompie wat alleen in sy woonstel oorlede is.
Maar binne my familie is ons nog gelukkig om mekaar te hê…en dat ons almal relatief nog gesond is.
Maar dan gebeur dinge rondom my wat my laat wonder; hoekom? Hoekom NOU? Hoekom SO?
Soos Yvette se Herman wie se liggaam halveer is toe hy op sy motorfiets agter in ‘n stilstaande vragmotor inry…
En Gretchen wat haar pa EN haar tweeling-suster binne ‘n bestek van weke aan COVID verloor het…
En Madeleine wat haar baba, haar ouma, haar broer EN haar pa kort na mekaar verloor het…
En Annatjie wat haar kleinkind, haar ma, haar seun en haar man kort na mekaar verloor het…
En Carol wat haar man nou onlangs aan breinkanker verloor het…
En dan vat dit Yvette, danksy haar kliniese werksomstandighede as ‘n dokter, wat vir my sê daar is erger dinge as die dood…
‘n Gesonde 18-jarige rugbyspeler wat in ‘n ongeluk, AL sy onafhanklikhede verloor het. Wat nou deur sy ma gevoer, gebad en doeke omgeruil moet word.
‘n Drie-weke oue baba wat herhaaldelik deur haar oom verkrag word…so erg, dat rekonstruktiewe operasies haar intern EN ekstern geslagloos laat.
‘n Drie-jarige dogtertjie wat ontvoer word en nogsteeds soek is; dat haar ouers belei dat hulle sou verkies dat sy dood is as om dag en nag te wonder waar sy is en wat aan haar gedoen word.
‘n 86-jarige…vergete ouer…wat nie weet waar hy is nie, nie kan onthou dat hy ‘n vrou en kinders gehad het nie, nie meer kan kommunikeer nie…leweloos…afhanklik van vreemdelinge se versorging en bedwelming…alleen op ‘n koue vloer op ‘n kombers in sy eie ontlasting moet oor”leef”.
As Christen weet ek God is in beheer van lewe en dood en dat ons nooit sal kan verstaan hoekom Charlene dood is en die bedlêende jong man nog lewe nie.
Maar net so kras as wat julle aanvanklik wil dink, was die boodskappe van Stephanie:
op die oog af wreed en ongevoelig, maar SO waar!
:
As jy dalk die hele tyd vra: “Hoekom ek?”
En die teenvraag: “Hoekom nie?”
En dan die opdrag:
Ria, dis normaal om hartseer te wees(eintlik maar net vir jouself…nie vir die afgestorwe geliefde nie…), maar onthou JY leef!
: LEWE!
So wat wil ek nou eintik vandag sê?
Tannie Bessie. Jy het al jou fair share van hartseer in jou lewe gehad. Ek is jammer jou seun is gister oorlede.
Karin. Ons ken mekaar al langer as 50 jaar. Jammer oor Morné.
‘n Hele paar opdragte in net een hoofstuk van die Woord van God
MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die (i) borswapen van geloof en liefde aan, en as (ii) helm die hoop op die saligheid.
Want (iii) God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
Daarom, (iv) bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;
en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. (v) Hou vrede onder mekaar.
En ons versoek julle, broeders, (vi) vermaan die onordelikes, (vii) bemoedig die kleinmoediges, (viii) ondersteun die swakkes, (ix) wees lankmoedig teenoor almal.
(x) Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar (xi) jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
(xii) Wees altyddeur bly.
(xiii) Bid sonder ophou.
(xiv) Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
(xv) Blus die Gees nie uit nie.
(xvi) Verag die profesieë nie.
(xvii) Beproef alle dinge; (xviii) behou die goeie.
(xix) Onthou julle van elke vorm van kwaad.
En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
Broeders, (xx) bid vir ons.
(xxi) Groet die broeders almal met ‘n heilige kus.
Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.
Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle!
Gedeel; Om jou in my lewend te maak… Om daardie oomblik van; ‘n blik… ‘n postuur ‘n glimlag ‘n hardop-lag te onthou …in my binneste weer lewendig maak… Dan… Dan: troetel elke orgaan
Ek probeer daagliks Regtig hard Om die bietjie beeld Wat ek van jou in my dra… In my gedagtes vas te vang, (weer te) Te herroep… Dan ploeg my hart smagtend Deur elke dag…
die bevestiging Van hoe kosbaar jy eintlik vir my is