Duiwelse Stryd

Die agting en gehoorsaamheid vir die onbewustelikke erkenning wat ons aan satan se mag toe-eien, moet nooit onderskat word nie.

hy is magtig

hy was magtig genoeg om eens die Hemel met God te kon deel…magtig genoeg om Jesus uit te daag…

En moenie onderskat wie en wat eintlik aan hom behoort nie!: volgens die Bybel behoort die aarde aan hom; hy het dis as prys vir Jesus aangebied…

En as ons nou so rondom ons kyk, sien ons as Godgegewe skepsels van God, hoe satan heers…

Gee die erkenning! Want nie is dit net fisies sigbaar hoe ons aan hom onderdanig is nie…psigies onderwerp ons onsself sekondeliks aan sy wil…

sy magtige en kragtige wil

Want bewys ons nie daagliks dat ons Geloof aan God, Die Vader; die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde…nie eers so groot soos ‘n mosterdsaad is nie?

Sê Jesus nie duidelik dat al is ons Geloof net so groot soos ‘n mosterdsaad, ons berge sou kon versit nie?

Kon jy al ‘n berg skuif?

Kon EK al ‘n berg skuif?

Kom ons maak dit ‘n BEWUSTELIKE kop(berg)skuif; DAAGLIKS… om satan te ontken as deel van ons lewe.

…en net die God in alles te sien.

Leave a comment