Ai…
So raak mens uit voeling uit…
Met BAIE goed…
…as jy dit nie gereeld doen nie.
…as jy uit voeling is met die tyd en omstandighede.
…as daar niemand is om dit op die oefen nie…
Ai…
Die lewe is wreed!
En ek WIL in voeling wees!
Ek wil dit gereeld doen!!
Ek wil op iemand oefen!!!!!!!
…dammit!!!!
Dammit
Dammit!
Dammit!!
So wissel Dillon(my baba-niggie se 8-jarige seun) ‘n tand gisteraand…
…en ek het nie eers geweet vandag se kids DOEN dit nog nie, maar die volgende oomblik word daar vir my gevra… waar hy sy skoen met sy tand in kan los…
My brein werk oortyd(want ek het 4 boerboele en 1 Jack Russell in die huis…wat DALK bloederige tande eet?)…
En (die tandmuis) ek moet ongesiends daar kan uitkom, maar…
Eers navorsing: wat is die ‘rate’ wat deesdae vir tande betaal word?
Die pa gee dadelik(via nood-WhatsApp) terugvoering: R50.00
(Ek dink hý kort geld die maand en wil by sy laaitie leen)
Ek wil-wil nog die ‘omstandighede’ voorhou om moontlike teleurstelling te voorkom:
1. Hierdie is ‘n stadsmuis: hy het standaarde! “Dink jy nie die tand is bietjie vrot van al die swiets nie?”
2. Dis ‘n klein ou tandjie: stadsmuise bou monster-agtige groot huise…hulle het gróót tande nodig!
Maar niks werk nie…
So word hom tand in hom tekkie langs my bedkassie geplaas…
En die fokkertjie WEET!!!!
Hy weet ek gaan die tandmuis wees, want hy en sy boetie lê wakker…vir fokken ewig!!!
En hou my dop deur skrefies0e
Uiteindelik kan ek oorleun en die opgevoude R50-noot in die tekkie druk…Joh! Senutergend is ‘n understatement!
En vanoggend?
Vanoggend leef ek my rol uit soos net ‘n pro-stadsmuis kan:
Ek word wakker en noem dat ek geluide in die nag gehoor het…
Hulle vra nogal: wat se geluide…????
En ek mimiek die geluid en neusbewegings van ‘n (miskien)-muis…
Dillon spring op en val selfvoldaan terug op die krismisbed voor my bed:
“Die muis het my R50 vir my tand gegee!”
En ek perform vir ‘n Oscar-toekenning van verbasing
Vra vrae…
Oeeeee en ahhhh, soos net ek kan.
Job done!
Net om te onthou: die stadsmuis het nie die fokken tand uit die skoen gehaal nie!
Julle moes die stories hoor wat ek toe (namens)opdis…
Lang storie kort…die tand gaan saam terug plaas toe: om wéér verkoop te word!
Besigheidsmanne van formaat sê ek julle…
…vandag se kinners!
Pffttt!
